Zoekresultaten voor: *
Resultaat 1 - 20 (van 64)
Lewis Carroll Het nonsensgedicht Jabberwocky van Lewis Carroll in één nieuwe Nederlandse, zes bestaande Nederlandse, twee Afrikaanse vertalingen
met begeleidend essay
Een aantal vertalingen (in het Nederlands en Afrikaans) en een essay over 'Jabberwocky', een nonsensgedicht van Lewis Carroll (Charles Lutwidge Dodgson,1832-1898).
Non-fictie
Nederlands | Engels | Afrikaans | 59 pagina's | Lewis Carroll Genootschap, [Utrecht] | 2018
Gedrukt boek
Daar's ’n towerponie in my bed!
AFRIKAANS - Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Karatekas
AFRIKAANS - «2019»n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na «2019»n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met «2019»n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Maroelaboomstories
AFRIKAANS - Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie; waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Ouma Hester en die superkomeet
AFRIKAANS - Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by 'n gemene pakt met eienaardige ruimtewesens. As hulle sending misluk, is planeet Aarde in groot gevaar! Dis tyd om die ruimte in te snel. Die monsteragtige Molluske wag...
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
ZOEM! 'n Oerwoud vol dinosourusse
AFRIKAANS - Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het «2019»n spesiale knoppie wat jou na «2019»n ander plek laat ZOEM! In die tweede storie word Alex, Christiaan en Tjomper teruggeneem na «2019»n tyd waar daar DINOSOURUSSE is! En arme Tjomper beland in een van die dinosourusse se neste ...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Holderstebolder hondepartytjie
AFRIKAANS - Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Professor Fungus Omnibus
AFRIKAANS - Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, 'n klomp vreesaanjaende visse, 'n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word en beleef 'n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Philip De Vos Het carnaval der dieren
Vijftien vrolijke en geestige versjes vertellen over allerlei dieren. Prentenboek met grote, zacht ingekleurde etsen en tekst in het Nederlands en Zuid-Afrikaans. Vanaf ca. 5 jaar.
Non-fictie
Nederlands | Afrikaans | 36 pagina's | Lemniscaat, Rotterdam | 1998
Gedrukt boek
Dagboek van 'n dork 1
AFRIKAANS - Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy's 'n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan 'n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jouself 'n drukkie te gee.
Afrikaans | Human & Rousseau, * | 2025
Gedrukt boek
Die hond met die stert sonder swaai
AFRIKAANS - Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders...
Afrikaans | Tafelberg, * | 2024
Gedrukt boek
Pampoenpit se groen gevoel
AFRIKAANS - Hierdie storie vertel hoe 'n mens jou omgee moet vind wanneer jy 'n groen gevoel van jaloesie kry. Dit word 'n groot groen monster wat dreaig om te ontsnap. Maar dan onthou sy ouma se raad. Operasie Soek-jou-omgee begin nou op die daad.
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Magriet die stadshoender
AFRIKAANS - In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee het saam hope pret en gaan op hope avonture, soos om 'n eierdief op te spoor.
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Cowboy Koekemoer
AFRIKAANS - Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met 'n 5-in-1 af van die reeks en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is. Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook 'n splinternuwe storie. Titels wat ingesluit is in die omnibus: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo; Cowboy Koekemoer en die seerower van Watsenaam; Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda; Cowboy Koekemoer van die Klein...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Superhelde van die Savanna
AFRIKAANS - Toe «2019»n klein bakoorjakkals deur «2019»n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook «2019»n paar nuttige vaardighede! «2019»n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Lukas bou 'n superkar
AFRIKAANS - Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, «2018»n spul blokkies, een beste maat, «2018»n boelie, «2018»n kwaai juffrou en «2018»n verlore wiskundeboek? «2018»n Superkar!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Agent Snoet
AFRIKAANS - Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is 'n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter die suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Die slim Siamees is 'n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Lea lief uile
AFRIKAANS - Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is 'n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook 'n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Pragtige piesangs
AFRIKAANS - 'n Egte Afrika-storie van 'n jong meisie se kleurvolle bosavontuur 'n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word 'n verrassende avontuur. Tembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het 'n tros pragtige piesangs wat sy as 'n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak 'n kameelperd, apies, selfs 'n swerm bye wat hulle bes probeer om die piesangs met 'n Spesiale Geskenk te vervang....
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Engela Goedhart
AFRIKAANS - Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof 'n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twan Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by 'n spa-naweek, maar sy's vasbeslote...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek